[Fiction issue] Read an excerpt from Olivia M Coetzee’s ‘page turning, gender- and genre-bending’ Kaaps novel Innie Shadows

The JRB presents an excerpt from Innie Shadows, Olivia M Coetzee’s debut novel, written in Kaaps.


Innie Shadows
Olivia M Coetzee
Modjaji Books, 2019











Read the excerpt:

~~~

Waa’s Carl?

Dis Dinsdag oggend, Veronique Plaatjies, of Nique soes amal haa ken, sit by die tafel wat voo haa kamervenste staan. Elke oggend vat sy tyd vi haa self, met ʼn koppie koffie, pen en papier. Sy trek dan die gordyne wyd oep om die wêreld van buite te kan sien.

Die winterien begin die jaa vroeg. Haa kop is vol van Gershwin en sy alliewige gestoeiery met sy ma. Sy wens sy kon hom self daa uit daai huis loep sliep het, maa sy wiet djy kan net soeveel doen vi mense. Sy het hom al hoeveel kee gesê, hy moet uit. Maa sy stoei eeder met Gershwin se duiwels as met die donkete wat Carl in sit. Nique wiet oek niemand kan Carl se ma skuld gie nie, wan Carl het na die Tik toe gehaloep.

Op die tafel sit ʼn paa magazines, boe-op mekaar gepak. Till slippies en anne papiere lê in ʼn bonnel an die een kant en haa handsak lê pap langs die bonnel papiere. Sy sit die pen nee op die oep boek om die punt van die handdoek wat wee los gekommit trug in sy plek te druk. Nique leun trug tien die houte stoel se rug. Haa breë skouers, rooi van die koue, loer by die handdoek uit. Sy tel ʼn wit koffie bieke op en vou haa hande ommit. Nique kyk deu die venste, narrie wêreld buite. Sy wonne altyd oorie mense wat kôt-kôt veby haa venste loep. Elke dag van die wiek is dit die selle storie. Elke oggen kô stan die twie sustes wat in die huis langsan bly voo haa hekkie, en wag vi die têxi. Sy vind dit snaaks, dat die mense nie voo hulle eie deure wil wag vi die têxi nie.

Nique lig haa hand op en waai na die man wat sy dik wintersjas nog stywer vasdruk tien sy lyf. Sy onthou hoe Carl altyd gewarrie het wanne die donke wolke soe oo Hoerikwaggo hang. Die wolke lyk al heel wiek swaa, dink Nique. Haa smile briek die donker op haa gesig soes die veliede trug speel in haa kop soes sy oorie skrif op die bieke vryf. Besties, lies dit in vet rooi letters.

Sy dink trug an die dag toe die vyf van hulle amal uitgegan het om Carl se verjaasdag te celebrate. Hulle het besluit om die biekes te koep by een van die stalletjies. Sy wou die ‘Best-friends’ hangertjies koep, maa hulle wou nie. Sara het vi Nique remind van die cheap hangertjie wat Nique eendag op die trein gekoepit wat haa hele nek ʼn groen laat trek het. Sy’t die baklei gelos en vi haa die wit bieke gekies met die rooi woord Besties op. Dit was Carl se laaste vejaasdag wat hy nog sober was. Sy ma was nog gesond, en nie een van hulle kon vi Dood gesien het wat lê en wag in die Shadowsie.

Sy niem ʼn sluk van die koffie wat sy hitte en smaak veloo het, en sug van lekke-kry, wan dis hoe sy haa koffie likes, bitter, sonne melk en koud. Haa vrinne kon nooit haa smaak vi koue koffie vestaanie. Hulle kon oekie haa keuse in mans vestaanie. Die man was eeder te lielik, te donke, of te vet. Sy kon hulle vetgeid en lielikheid vetrou. Toe sy velief geraak het op Balla, was dit die saak. Hy was donke, en die grootste gangste in die Shadows, lielik, van binne en buite, en vet, maa sy vetgeid het hommie gestop om meer as een vrou te vattie. Hy was getroud, maa sy’t velief geraak op Balla. Sy konnie haa hart toemaak vi hommie. Hy’t haa aanvaar soes sy is, selfs voo sy gegan het vi haa operasie. Hy was daa toe sy vir ʼn paa jaa in die Egoli loep bly het.

Haa oë volg die voël wat op en af tien die wind spartel in die rigting van Hoerikwaggo wat in die vêrte staan. Dis hoe sy wiet sy’s by die huis. Sy is nog steeds spyt dat sy nie vroeër trug huis toe gekom hettie, maa haa toekoms in die hare bedryf was belangrik vi haa.

Sy dink trug an haa ma se laaste paa wieke. Die huis was vol gebede en neighbes wat wil goed doen vi Antie Sandie, soes amal haa ma geken het. Die mense was amal daa vi haa ma, maa amal het haa getreat soes sy nie daa behootie. Haa ma kon nooit vi Nique vestaanie en die kêk en sy mense hettit oekie maklik gemaak vi Nique se ma om haa te proebee vestaanie. Nique wietie wat sy sou gedoenit sonne haa vrinne en Balla nie.

Die têxi wat klip hard musiek speel stop voo haa hek. Die anner twie vroumense wat saam haa neighbes kô wag het klim in. Dis soes elke dag ʼn different episode van die selle storie is, dink Nique. Die selle mense, met die selle patrone, met die selle probleme; net different outfits wat na elke twiede dag gerotate wôt. ʼn Soort van die Shadows se eie ‘Days of our Lives’, dink sy. Die Shadows wat sy wee velief op kô raakit met die asbesdak huise wat groenerig skyn wanner die son opkô, wat elke-een met hulle eie persoonlikheid voo Hoerikwaggo gebuig staan. Met al die armoede wat sy wiet wat sit in elke huis se leë koskaste en yskaste, het dit haa altyd bieter laat voel om te sien hoe die mense hulle tuine laat blom. Dis soes die tuine wat hulle gemaak het ʼn lig in die Shadows gebring het, laat hoep wee in mense se harte en die armoede wat hulle mien saam liewe kan blom. Dis hoe sy wiet dat sy nooit wee weg van die Shadows, of weg van Balla af sal gannie.

Sy skuif rond op die stoel wat sy gebruik vi haa oggend-skryf sessies. Sy wonne oo Carl en hoekô hy nie gekommit soes sy hom gevra hettie. Sy het hom ʼn wiek laas gesien, die Sondag toe sy vi Balla gan kuier het. Die 4selle aand het sy oek Gershwin se ma gesien. Nique was vebaas om die grootse kêksuste van die Shadows byrrie dowwel-huis, skel-skel, te sien uitloep. Balla se bouncers het altyd by haa gebrêk hoe hulle vi haa stories kan vetel oo Gershwin se ma. Sy wou dit nooit gloe nie, maa sy’t van bieter gewiet wan al was dit Gershwin se ma, en al het die antie by amal gebrêk oo hoe hard sy die Jirre dien, het Nique gewiet dat daa ʼn donkete in Gershwin se ma lê, wat die kêk se lig nie kan maak vedwyn nie. ʼn Ma wat haa kind elke dag kan abuse, hom laat elke dag voel soes hy ʼn mistake was, kan tot ienige iets in staat wies, dink Nique. Sy moes haaself in hou toe Gershwin se ma, Rose, by Nique se ma se sterfbed opdaag het.

Nique tel die pen op en teken hartjies in elke hoek van die bladsy. Haa maag grom van die hongerte. Sy tel haa phone op om die tyd te kyk. Sy sit dit an deu die knoppie an die kant van die phone te druk.

‘10 a‘klok-issie ’n wonner djy gan soe an nie,’ sê sy tewyl sy haa maag vryf.

‘Gershwin is darem stil veoggend.’ Nique staan op en stap na die klerekas wat langs haa bed staan. Sy maak die kas se deu oep en stoot die klere wat op hulle hangers hang in die kas van een hoek na die anner soes sy besluit op die klere om an te trek vi die dag. Sy draai na die spieël wat sy self in die kas se deu laat hang het.

Sy kyk na haa wenkbroue wat perfek getrim is, soes ʼn smile wat onnersteboe hang boe haa oë. Sy gloe nie an te veel make-up nie, maa elke maand vat sy die twiezers en plik die niewe haargroeisels wee uit om haa wenkbroue se shape te hou. Sy kyk na haa liggaam in die spieël. Sy laat haa hanne oo haa ferm borste bewieg. Hulle is perfek, dink sy. Sy laat die handoek om haa biene val en kyk na die volledige vrou wie sy uiteindelik geraakit. Nou is haa uiterlike gepaar met haa binneste. Haa vrinne wou nie amal vestaan toe sy hulle sê dat sy gan vi haa operasie nie. Hoe kon hulle vestaan? Sy’t altyd gedink Gershwin sou vestaan, maa dit was die moeilikste vi hom om te vestaan. Balla het haa gesê dat miskien was Gershwin net jaloes, wan hy konnie homself voo sy ma wiessie.

Soms mis sy om anne mense in die huis te hoo, maa om alleen te liewe het sy voodele. Die minner mense in jou biesagheid is, die bieter issit vi jou. Maa sy wiet dat sy vi Gershwin sal plek gie. Hy moet uitkô waa hy is, dink Nique. As hy net sy mind kon opmaak en opstaan tien sy ma, wan amal is in Gershwin se ma se oë vekeet. Miskien sal hy sy mind opmaak as hy wiet met watte kak sy biesag is.

Nique dink trug an die eeste paa maane na Carl begin Tik het. Sy ma was dood en sy suste het vi hom skuld gegie. Hy’t sy studies gelos, en die veskoning gemaak dat dit net sy eeste jaa was. Nique wou hom help en hy het in die begin ingestem. Sy’t hom altyd gevra hoekô hy begin Tik het. Hy’t nooit geanwoortie, maa net sy kop geskud. Hy het sy klere en goed gebring, maa altyd net vi die weekend gebly dan het hy wee vedwyn. Al het sy hoe hard proebee om hom te vetrou, het sy oek gewiet dat hy lankalie mee homself wassie. Sy het Carl se roetine geken toe hy by haa gebly het. As sy in die aane by die huis gekommit toe hy by haa gebly het, ennit was donke, dan het sy gewiet dat dit tyd was vi stock-vat in haa huis. Sy’t altyd begin tel in haa kame, in die gat wat sy in haa bed se base gemaak het, waa sy haa mees belangrikste goed gebêre het. Sy’t altyd gewonner hoekô hy nooit daa gekrap hettie. Sy wiet hy het gewiet daavan. Dis soes Carl soms trug baklei het tien daai drêgon binne in hom. Nique wiet self hoe swaa mense onner daai Tik deu loep, al het sy dit nog nooit self gedoenie. Een van haa neighbes het mee as net hulle besittings verloo. Hulle seuns het hulle huis se mure begin afbriek om die bakstiene vi Tik te vekoep.

Die eeste kee toe Gershwin gesteel het, het hy haa koebuis goed besteel. Soes gewoonlik het sy by die huis an gekô. Sy’t haa uit gan trek en dan het sy koebuis toe gegan om koffie te loep maak. Hy het daai dag die kietel gelos, maa die koffiemake en toaste was weg. Haa eeste instinct was om die poelies te bel, maa sy’t gewiet dat dit ʼn waste van airtime sou wies, wan die poelies draai weinig in die Shadows. Sy kon nie vi Carl bellie, wan hy het lankal sy phone verpan. Nique wou nie gloe dat Carl van haa gesteel hettie. Sy’t reguit na die agtekame geloep, en gesien dat Carl se swart sak met sy klere weg is; dis waa sy moes anvaar het dat dit Carl was wat haa besteel het, wan daa wassie ʼn venste of ʼn deu in die huis gebriek om te sê iemand het hulle way in haa huis in geforcie. Sy het vir ʼn hele maantie met hom gepraatie. Balla het angebied om vi Carl goed op sy moer te speel, maa Nique wou dittie hê nie. Sy kan onthou hoe kwaad sy was, maa sy het gehoep dat Carl ʼn goeie veskoning sou hê. Sy het gehoep dat die hele storie ʼn misverstand was.

~~~

  • Olivia M Coetzee het haa stem en woorde gekry in Electric City, Eeste Rivier, Kaapstad. Sy het ʼn meesters graad van die Universiteit van Kaapstad. Sy skryf vi Litnet en vetaal oek die Bybel in Kaaps. Met Innie Shadows, haa skryfwêk en anne vetalings in Kaaps, in die toekoms, wil sy anner Kaapssprekends aanmoedig om in hulle taal te skryf, en tien die geloef druk wat sê dat Kaaaps ʼn taal is wat net moet gehoo wôt, en nie gelies wôttie.

About the book

Olivia M Coetzee crafts a new language to bring to life stories of dispossession from those left behind in the transition to democracy. Her prose is taut, unsparing and unsentimental. It wrestles with the demons of one community overcome with the social ills of drugs, bigotry and homophobia, where lives intersect through ruthless brutality. This haunting novel will stay with the reader long after the final page is turned. A pioneering work of fiction in which the dispossessed are finally telling their own stories.

This work is based on research supported by the National Institute for the Humanities and Social Sciences.

Innie Shadows se karakters klink soos regte mense van die Kaapse Vlakte en voer hul bestaan in die skadu van herkenbare probleme soos dwelmverslawing, huishoudelike geweld, armoede en seksmisdade. Dit is egter ook ’n verhaal oor nuwe vryhede—sensitief vertel op ’n nuwe manier, in ’n nuwe soort stem.

Dr Sonja Loots, author and lecturer in Afrikaans and Nederlands

Innie Shadows is ’n Kaapse Vlakte riller roman,wat genres kruis; ’n bladsyraaier, met uitstekend dialoog. Sou goed werk as n’ film.

Dr Hester van der Walt, author of Sê my, is julle twee susters?

Olivia M Coetzee crafts a new language to bring to life stories of dispossession from those left behind in the transition to democracy. Her prose is taut, unsparing and unsentimental. It wrestles with the demons of one community overcome with the social ills of drugs, bigotry and homophobia, where lives intersect through ruthless brutality. This haunting novel will stay with the reader long after the final page is turned. A pioneering work of fiction in which the dispossessed are finally telling their own stories.

Dr Barbara Boswell, author of Grace

Leave a Reply

Your email address will not be published.Required fields are marked *